Testimonials

“Vir die afgelope 6 jaar hanteer SUREPAY ons hele salarisstelsel. Dis met groot tevredenheid wat ek met graagte SUREPAY vir al u personeelaangeleenthede kan aanbeveel. In die afgelope jare het ons besigheid gegroei van 15 personeellede tot 65 lede. Met die voortdurende hulp en professionele diens van SUREPAY kon ons besigheid sonder enige probleme groei. SUREPAY se dienste is van hoogstaande gehalte en altyd op hoogte van alle veranderings in die arbeidswette en SARS aangeleenthede.

As eerlikheid, integriteit, professionele diens en vriendelikheid vir jou belangrik is , is SUREPAY die antwoord vir jou.”

~ Maryna Bonthuys ~
Lezmin Dairybelle – Welkom

 

“Ons firma maak vir die afgelope ses jaar gebruik van SUREPAY se dienste, en in die tyd het ons ’n wesentlike respek opgebou ten opsigte van hulle professionaliteit, vermoë om op kort kennisgewing te reageer en ‘n deurgronde kennis van verwante Arbeidswetgewing. Ons beveel hulle aan met die grootste vrymoedigheid by enige iemand wat van hulle dienste gebruik wil maak. ”

~ Antonie T. Marais ~
Central Region Consultants

 

(Next) »